Rampbestuurspan in Oos-Kaap ontplooi

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering het ‘n rampbestuurspan in die Oos-Kaap ontplooi om te help met noodleniging- en reddingspogings. Dit volg na die dood van sewe mense in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit te midde van swaar reën oor dele van die provinsie sedert die naweek. Meer as eenduisend mense is dakloos gelaat. Ntshavheni sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ook ‘n helikopter ontplooi om ontoeganklike gebiede te help assesseer en om toegang te verkry.