Ramaphosa wil herlewing van vredesproses in Midde-Ooste sien

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om meer te doen om die herlewing van die vredesproses tussen Israel en Palestina moontlik te maak. Dit is reeds twee weke sedert Hamas se aanval op Israel waarin meer as 1 400 mense dood is. Palestynse amptenare in Gaza sê meer as 4 600 mense is sedertdien dood. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president verwerp die eskalasie van die konflik deur diegene wat enige van die strydende partye bewapen: