Ramaphosa vra weer vir VN se hervorming
President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op voortgesette multilaterale verhoudings en die hervorming van die Verenigde Nasies. Ramaphosa het gepraat op die 19de spitsberaad van die Beweging van Onverbonde Lande in Kampala, Uganda. Internasionale regering, menseregte en die oorlog tussen Israel en Hamas was die belangrikste onderwerpe van bespreking op die vergadering. Die president sê globale geskille en streekskonflikte moet deur onderhandeling opgelos word: