Ramaphosa vra belegging in Afrika-minerale, waarsku oor uitbuiting
President Cyril Ramaphosa vra groter samewerking tussen Suid-Afrika en Amerika om Afrika se noodsaaklike minerale-sektor ʼn hupstoot te gee. In sy toespraak by die Business Council for International Understanding en Prosper Africa Minerals Forum in New York, het hy Amerikaanse maatskappye aangemoedig om te belê in gevorderde myntegnologie, doeltreffende voorsieningskettings en inisiatiewe vir groen energie. Ramaphosa het ook gewaarsku teen uitbuiting van Afrika se hulpbronne soos in die koloniale era: