Ramaphosa versoek sy adjunk om eers in pos aan te bly
President Cyril Ramaphosa het sy adjunk, David Mabuza, versoek om in sy amp aan te bly tot tyd en wyl die formaliteite oor sy vertrek gefinaliseer is. Mabuza het Saterdag bevestig hy het Ramaphosa ingelig oor sy planne om te bedank. Hy het gesuggereer hy staan terug vir die nuutverkose adjunk-president van die ANC, Paul Mashatile, om ook die land se adjunk-president te word. Die President se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die proses moet tyd kry om te ontvou.