Ramaphosa versoek dringende herstel van Rooiwal-aanleg

President Cyril Ramaphosa het aangekondig die regering benodig sowat vier miljard Suid-Afrikaanse rand om die Rooiwal-afvalwater-suiweringsaanleg reg te maak en uit te brei. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sal die projek bestuur. Die President het vandag die gemeenskap van Hammanskraal, noord van Pretoria, besoek ná die cholera-uitbreking, wat meer as 20 lewens geëis het. Volgens Ramaphosa sal die opknapping van Rooiwal sowat drie jaar neem, maar intussen sal daar nog ‘n aanleg wees wat binne die volgende ses maande gebou gaan word.