Ramaphosa tevrede met kabinet

President Cyril Ramaphosa sê die samestelling van ‘n Kabinet in die regering van nasionale eenheid was ‘n ingewikkelde maar bevredigende proses. Die 75 lede van die uitvoerende gesag is gister in Kaapstad ingesweer deur hoofregter Raymond Zondo. Die Kabinet spog met van Suid-Afrika se jongste lede in die amp, insluitend die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli. Ramaphosa sê die harde werk om die land die toekoms in te neem, begin nou: