Ramaphosa tevrede met elektrisiteitsminister
Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê President Cyril Ramaphosa is tevrede met die werk wat die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, in so ‘n kort tydjie kon doen. Die ANC het sy gewig agter die minister se kragplan ingegooi, wat die uitdiens-stelling van sommige steenkool-aanlegte insluit. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê daar is ‘n algemene gevoel van dringendheid vir die instelling van die Energie-aksieplan wat die President verlede jaar aangekondig het.