Ramaphosa stel grensbestuursowerheid bekend

President Cyril Ramaphosa sê die Grensbestuursowerheid is ‘n deurslaggewende stap in die rigting van ‘n enkele, geïntegreerde en doeltreffende owerheid om onwettige bedrywighede langs die buurland se grense te bestuur, te beveilig en te verminder. Hy het vandag die owerheid amptelik bekendgestel by die Musina-skouterrein in Limpopo, ná dit in April vanjaar tot ‘n openbare instelling verklaar is. Ramaphosa sê Suid-Afrika beoog om intra-Afrika handel te versterk, veral binne die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied, deur die maklike vloei van goedere en mense oor sy grense te verseker: