Ramaphosa spreek medelye uit met bootramp by Kivu 

President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die mense en regering van die Demokratiese Republiek die Kongo na ʼn tragiese bootongeluk op die Meer Kivu. Presidensie-woordvoerder, Vincent Magwenya, sê nagenoeg 80 mense het hulle lewens verloor met byna 200 wat steeds vermis word nadat die vaartuig verlede week gesink het: