Ramaphosa sê meer moet oor klimaat gedoen word
President Cyril Ramaphosa sê die oorstromings in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is ‘n tragiese herinnering aan toenemende uiterste weerstoestande weens klimaatsverandering. Die oorstromings in KwaZulu-Natal het meer as 400 lewens geëis. Ramaphosa sê die regering moet meer belê in klimaatsaanpassingsmaatreëls om gemeenskappe teen klimaatsverandering te beskerm: