Ramaphosa sê ANC is verbind tot vrede in Afrika
President Cyril Ramaphosa het die ANC-regering se verbintenis bevestig tot die behoud en uitbreiding van vrede in Afrika. Personeel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is na die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi as deel van ‘n vredesending van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, waar twee soldate dié week dood en drie gewond is in ‘n mortierbomaanval. Ramaphosa het in sy antwoord op die staatsrede-debat in die Parlement die moed en durf van die weermaglede geloof, wat te midde van groot gevaar vrede en bestendigheid in Afrika help bevorder: