Ramaphosa sal vergader oor gereedheid vir verkiesings

President Cyril Ramaphosa het bevestig dat die nasionale en provinsiale verkiesing op 29 Mei vanjaar sal plaasvind. Die president sê hy het die datum met die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het ook ‘n vergadering met al nege provinsiale premiers en die OVK belê om die stand van gereedheid vir die verkiesing te bespreek: