Ramaphosa: Regering werk hard om beurtkrag-krisis te beëindig

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering werk hard om die krisis met beurtkrag waarmee die land spook, te beëindig. Die regering vermeerder die hoeveelheid hernubare energie op die netwerk. Volgens Ramaphosa sal die voordele nie onmiddellik waarneembaar wees nie, maar landsburgers kan verwag die pogings om die noodsaaklikheid van beurtkrag geleidelik te verminder, sal voortduur totdat dit uiteindelik nie meer nodig is nie.