Ramaphosa ondersteun uitbreiding van Brics
President Cyril Ramaphosa het op die 15de Brics-beraad in Sandton, Johannesburg, Suid-Afrika se standpunt herhaal oor die uitbreiding van Brics-lidmaatskap, en opnuut gevra vir nouer samewerking tussen Brics-lidlande. Hy het steun uitgespreek vir die uitbreiding van die groepering en gesê meer lidlande sal dit kragtiger maak, en die heersende stand van die wêreld-politiek én -ekonomie uitdaag. Ramaphosa sê dit sluit ook internasionale handel en belegging in: