Ramaphosa moet ware leierskap vanaand toon
Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê Suid-Afrikaners wil nie meer net beloftes hê nie en soek ware leierskap en meer aanspreeklikheid van President Cyril Ramaphosa. Die president lewer na verwagting vanaand sy staatsrede by die Kaapstadse stadsaal. Silke sê die land beleef ‘n aantal uitdagings en almal raak Ramaphosa se geloofwaardigheid: