Ramaphosa, Macron bespreek entstowwe
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en die Franse president, Emmanuel Macron, het by die Uniegebou in Pretoria ontmoet om oor ‘n Covid-19-entstof te praat. Macron wil ‘n oordrag van tegnologie hê sodat armer lande as vervaardigingspersele gebruik kan word. Hulle sal vermoedelik ook praat oor ‘n tydelike kwytskelding van eiendomsreg van die Wêreldhandelsorganisasie vir die Covid-19-entstof. Ramaphosa en Macron sal na verwagting ‘n program by die Universiteit van Pretoria bekend stel om entstofvervaardiging in Afrika te ondersteun.