Ramaphosa bring hulde aan pastoor Ray McCauley

President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek na die dood van die Rhema-Bybelkerk se stigter, pastoor Ray McCauley, wat gisteraand op 75-jarige leeftyd dood is. Hy was ook die voormalige medevoorsitter van die Nasionale Intergeloofsraad van Suid-Afrika. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president het McCauley as ʼn merkwaardige leier beskryf.