Ramaphosa betoon medelye met Indië na treinramp

President Cyril Ramaphosa het medelye betuig met die mense van Indië ná ‘n treinramp in Odisha wat die lewens van minstens 288 mense geëis het. Die woordvoerder van die Suidoostelike Spoorweg in Indië, K S Anand, sê die ongeluk is deur sein-onderbreking veroorsaak. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sê Suid-Afrika se mense dink aan die mense van Indië in dié moeilike tyd: