Ramadan word onder moeilike omstandighede herdenk

Die heilige tyd van Ramadan het Sondag begin en loop op 9 April tot ‘n einde. Ramadan is die negende maand van die Islamitiese kalender, wat deur Moslems wêreldwyd waargeneem word as ‘n maand van vas, gebed, refleksie en gemeenskap. Dit is ‘ herdenking van Mohammed se eerste openbaring en word beskou as een van die Vyf Pilare van Islam. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê die jaar se herdenking is onder moeilike omstandighede.