Rajasthan, Kolkata enigste onoorwonne spanne in IPL

Krieket: Rajasthan Royals en Kolkata Knight Riders is die enigste oorblywende onoorwonne spanne na die eerste drie weke van die Indiese Premierliga. Rajasthan is boaan die punteleer met agt punte nadat hulle hul eerste vier wedstryde gewen het. Hulle het 16 jaar gelede in die eerste IPL-seisoen hul enigste titel ingepalm. Kolkata het ses punte nadat hulle hul eerste drie kragmetings gewen het. Hulle is nou gelykop met Lucknow Super Giants, maar voor op die nettolopiekoers, met Lucknow wat drie van hulle eerste vier kragmetings gewen het. Kolkata speel vandag teen Chennai Super Kings.