Raisi se begrafnis sal oor drie dae strek

Die driedaagse begrafnis van die Iranse president, Ebrahim Raisi, begin vandag in Tabriz en verskuif vanmiddag na Qom. Hy het Sondag in ‘n helikopterongeluk gesterf. ‘n Afskeidseremonie word vanaand by die Imam Khomeini-moskee in Teheran gehou. Môre beweeg die stoet vanaf die Teheran-universiteit na Azadi-plein, gevolg deur ‘n hoëvlak seremonie en nog een in Birjand voor sy begrafnis Donderdag in Mashdad. ‘n Nasionale routyd van vyf dae is afgekondig, asook ‘n nasionale vakansiedag volgende maand. Goewerneurs mag ook provinsies sluit waar begrafnisseremonies gehou word.