Rahul Gandhi kritiseer koalisieregering
Narendra Modi van Indië word Saterdag vir ‘n derde agtereenvolgende termyn as eerste minister ingehuldig, nadat sy bondgenote hom gister in Delhi as leier gekies het. Al het Modi se Bharatiya Janata-party sy parlementêre meerderheid verloor, het hy 240 setels ingepalm. Die opposisie party, die Indian National Congress, gelei deur Rahul Gandhi, het 230 setels. Modi sê sy oorwinning is ‘n triomf vir demokrasie, maar Gandhi is gekant teen die koalisieregering.