Rafa, 38, kom teen Björn Borg se seun, 21, te staan

Die koning van klei Rafael Nadal kom in Barstad te staan teen die Sweedse veteraan Björn Borg se seun, Leo, in die eerste ronde van die Nordea Ope. Die Spanjaard gebruik die toernooi in Swede om voor te berei vir die Olimpiese Spele, wat gespeel word op Roland Garros in Parys, waar hy in sy glansloopbaan 14 Franse Opetitels ingepalm het. Die 21-jarige Borg sê hy het die 38-jarige Nadal in sy vroeë tennisjare bewonder, eerder as sy pa, wat tussen 1974 en ’81 elf Grand Slams gewen het. Hy en Nadal oefen gereeld teen mekaar.