Radikale Sinwar aangewys as nuwe Hamas-leier
Hamas het sy Gaza-leier Yahya Sinwar aangewys as opvolger van die voormalige politieke hoof Ismail Haniyeh, wat in Teheran vermoor is. Dit word gesien as ‘n stap wat die radikale pad versterk wat Hamas volg sedert die aanval op Israel op 7 Oktober. Sinwar, die argitek van die aanval, skuil sedert die begin van die oorlog in Gaza en trotseer Israeliese pogings om hom te vermoor. Die nuus van die aanstelling is begroet met ‘n salvo vuurpyle uit Gaza van die groepe militante wat steeds teen Israeliese troepe veg. Sinwar, wat die helfte van sy volwasse lewe in Israeliese tronke deurgebring het, is die steerkste Hamas-leier wat oorgebly het ná die sluipmoord op Haniyeh.