Radebe: ANC-regering moet SA ekonomie regruk
Die ANC se hoof van beleid, Jeff Radebe, sê as die regerende party nie Suid-Afrika se ekonomiese probleme kan oplos nie, lê daar baie moeilike tye vir die land voor. Radebe het die ANC se besprekingsdokumente van stapel gestuur in die aanloop tot die party se beleidskonferensie in Julie. Kwessies wat op die konferensie ontleed sal word sluit in grondbesit, die stand van gesondheidsorg en onderwys, vlakke van korrupsie, sowel as die ANC se missie om homself te hernu.