Raaisel van Gillende Vrou-mummie opgelos

Die geheim rondom ‘n antieke Egiptiese mummie, bekend as die Gillende Vrou, se gepynigde gesigsuitdrukking het, is dalk opgelos. Nuwe navorsing toon sy het ongeveer 3 000 jaar gelede waarskynlik gillend van pyn gesterf. Volgens kenners het sy moontlik in haar sterwensoomblik ‘n baie skaars toestand bekend as kadawerspasma beleef wat haar spiere laat saamtrek en haar lyding verewig het. Die toestand laat die spiere verstyf in die presiese houding waarin die persoon was toe hulle gesterf het. Dit word gewoonlik verbind met gewelddadige dood.