Raad vir gesondheidsberoepe sal geskep word, vir standaarde

Die gesondheidministerie het in die parlement die instelling van ‘n wetsontwerp vir die skep van ‘n Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië voorgestel, wat sy bevoegdhede en funksies sal omskryf. Die Wetsontwerp sal professionele rade skep, registrasie en lisensiëring van gesondheidswerkers reguleer, opvoedkundige en opleidingstandaarde stel, ongelisensieerde praktyke verbied, en ‘n appèlproses vir Raadsbesluite voorsien. Adjunk-gesondheidminister dr. Esther Muinjangue beklemtoon die funksies van die wetsontwerp.