Raad van RCC verander resolusies oor opgehoopte verlof
Ndjizuvee Haakuria, sekretaris-generaal van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, het gesê die raad van die Padkontrakteurs-maatskappy het nou sy resolusies ten opsigte van die eensydige vermindering van opgehoopte verlofdae volledig teruggetrek. Hulle het onder druk van die vakbond beide die resolusie van 2019, wat die dae tot 60 verminder het, en die een van 2022, wat die dae tot 24 op 31 Mei verminder het, teruggetrek. Haakuria het dit op ‘n mediakonferensie in Windhoek gesê.