Raad van Kerke wil meer kerke akkommodeer

Die Raad van Kerke in Namibië, CCN, het ‘n driedaagse vergadering belê om wysigings aan sy grondwet te bespreek. Dit is in ‘n poging om meer kerke te akkommodeer. Die raad se sekretaris-generaal, James Fredricks, sê die vereiste ledetal van ‘n kerk vir lidmaatskap van die raad is tans 5 000. Hulle sal bespreek of dit verlaag moet word, want sommige kerke het nie soveel lidmate nie. Die raad het tans 16 lidkerke.