Raad van Kerke staan selfregulering voor

Die Raad van Kerke in Namibië, CCN, het kommer uitgespreek oor die vinnige toename in allerhande kerke en die beweerde uitbuiting van gemeentelede deur sommige kerkleiers. Tydens ‘n media-inligtingsessie het CCN-president Enoch Sakama die kerk se belangrike rol in die handhawing van nasionale stabiliteit en morele integriteit beklemtoon. Die raad is nie betrokke by die voorgestelde wetsontwerp op kerkbestuur nie, en bepleit selfregulering om die integriteit van godsdienstige instellings te beskerm. Sakama is aan die woord.