Raad sê daar’s miljarde in beleggings, geen besonderhede nie

Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het sy 500ste bestaansdag herdenk met sy eerste jaarverslag. Volgens die hoof uitvoerende beampte Nangula Uaandja, is daar, teen einde Maart vanjaar, beleggings ter waarde van 161 miljard Namibiese dollar, met ongeveer 122 000 werksgeleenthede, in die land. Sowat ‘n kwart van die beleggings, ter waarde van 38,8 miljard dollar, is in implementeringstadium, terwyl sowat 60 persent ter waarde van 95,3 miljard dollar nog hangende is. Die fondse is alles privaatprojekte wat deur die raad gefasiliteer is. Uaandja het geen verdere besonderhede oor die beleggings bekend gemaak nie.