Raad bevorder Namibiese beleggingsmoontlikhedeSeptember 26, 2023

Namibië was die middelpunt in New York toe die land se raad vir beleggingsbevordering en ontwikkeling ‘n reeks aktiwiteite op die kantlyn van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangebied het. Terwyl die ekonomie die afgelope twee jaar positiewe groei aangeteken het, bly buitelandse en binnelandse beleggings die mees lewensvatbare hefbome wat Namibië kan trek om volhoubare ekonomiese groei en gehalte-werkskepping te bewerkstellig. Die raad se senior kommunikasie-bestuurder, Catherine Shipushu, vertel meer.