RA se mobiele voertuigstasie gereed vir feestyd

Die Paaie-owerheid se 6 miljoen Namibiese dollar mobiele voertuigtoetsstasie is nou operasioneel. Die mobiele stasie sal landwyd reis en padwaardigheidstoetsdienste in afgeleë gebiede verskaf, veral gedurende die feestyd. Dit is toegerus om voertuie met ‘n bruto voertuigmassa van minder as 3 500kg te toets. Tans bied dit slegs besprekings vir padwaardigheidstoetse, die toetse en sertifisering; ander dienste is by NaTIS-kantore beskikbaar. Hileni Fillemon, die Paaie-owerheid se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.