RA betaal amper N$10m vir visuele assesering van leivore, brûe

Die Namibiese Paaie-owerheid sal 9,7 miljoen Namibiese dollar betaal vir wat hy beskryf as ‘n visuele assesering van brûe en leivore. Die tender is toegeken aan ‘n gesamentlike onderneming tussen VKE en SCE konsultante. Daar was sewe ander bieërs maar die owerheid het nie hulle kwotasies bekend gemaak nie. Dit is ook nie bekend wat die werk behels nie omdat die tender letterlik sê daar moet na die infrastruktuur ‘gekyk’ word. Die aanname is dat enige moontlike strukturele uitdagings gerapporteer moet word.