R80m vir Oos-Kaapse daggaplaas

Die Ntabankulu Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap sê die regering het 80 milljoen Suid-Afrikaanse rand bewillig vir die eerste fase van die bouwerk aan ‘n landboukollege. Die instelling sal plaaslike daggaboere oplei en hulle leer van die kommersialisering- en verwerkingsaspekte van die bedryf. Die burgemeester van Ntabankulu, Tsileng Sobuthongo, sê plaaslike boere wat reeds by daggaverbouing betrokke is, sal die produk aan die kollege beskikbaar stel vir verwerking. Sobuthongo sê die stigting van die landboukollege gaan ingrypende veranderings meebring.