R44-helikopter was nie plaaslik, of in SA, lugwaardig nie

Die voorlopige verslag rakende die noodlottige helikopter-ongeluk op 17 Julie op Swakopmund is bekend. Die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke sê die Robinson 44 helikopter het geen sertifikaat van lugwaardigheid in Namibië of in Suid-Afrika gehad nie. Die tuig was steeds onder sy Suid-Afrikaanse registrasie van ZS-HLG alhoewel sy eienaars, Golden Game cc, wat op Mariental deur Johan en Kobus Lombaard besit word, aansoek gedoen het vir die plaaslike roepsein, V5-HGG. Die aansoek is nooit deur Golden Game voltooi nie. Die helikopter het sy 12-jaarlikse onderhoud ondergaan en is vir verskeie toetsvlugte geneem, ook op 14 en 15 Julie. Die toetsvlug op die noodlottige dag was om rotor-balansering te toets. Een van die rotors het die stert getref en die loods, die 54-jarige Jacques Jacobs en die 29-jarige lugvaartingenieur Dirk von Weidts, is albei dood. Jacobs het ‘n geldige lisensie gehad.