R2 miljard op BBP-beskerming? Wat van Jan Alleman se beskerming?
Action Society het die minister van polisie, Senzo Mchunu se aankondiging veroordeel dat 2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan BBP-beskerming afgestaan word. Die minister het verlede week die Suid-Afrikaanse Polisiediens se begroting van 113,5 miljard rand vir die 2024/2025-boekjaar ter tafel gelê. Juanita du Preez van Action Society sê die geld wat aan die BBP-beskerming toegewys word, moet liewer gebruik word om Suid-Afrikaners te beveilig, nie om aan ministers luukse spesiale dienste te verskaf ten koste van die belastingbetaler nie: