R1m vir yskas
ʼn Handgeverfde yskas is teen R1m steeds te koop
Smeg se wêreldbekende retro-yskaste is deur die luukse Italiaanse ontwerpersmaatskappy in ʼn kunswerk omskep. Slegs 100 van dié yskaste is vervaardig en twee daarvan is na Suid-Afrika verskeep. Die yskaste is handgeverf deur bekroonde Sisiliaanse kunstenaars. Dit het ongeveer 260 uur lank geduur om elkeen van die yskaste te verf. Die yskaste spog met teatertonele, Middeleeuse ridders en bote wat met sonsondergang oor die Middellandse See vaar. Daar is ook helderkleurige majolikapatrone, blomme en landskappe. Elke kuns-yskas verteenwoordig sy eie verhaal.