Qatar-vlug skud ook erg

Qatar Airways het ’n interne ondersoek van stapel gestuur nadat 12 mense beseer is weens turbulensie op ’n vlug van Doha na Dublin. Ses passasiers en ses vlugpersoneellede het beserings aangemeld, waarvan agt in die hospitaal opgeneem is. Dit volg nadat ‘n Britse man vermoedelik aan ‘n hartaanval gesterf het en 104 mense beseer is toe ‘n Singapore Airlines-vlug van Londen verlede week erge turbulensie getref het. Qatar Airways sê die veiligheid van sy passasiers en bemanning is steeds uiters belangrik.