Putin vertrou nie sy hoofde nie, net vir Wagner

Die Wagner-hoof Yevgeny Prigozhin het weer uitgevaar teen militêre hoofde in Rusland omdat hulle blykbaar opdrag gegee het dat soldate nie Bakhmut verder moet verdedig nie. Volgens Prigozhin verloor hulle op die oomblik groot dele terrein wat hulle vroeër oorgeneem het. Volgens die Russiese joernalis Andrei Soldatov, het President Vladimir Putin Wagner en Prigozhin nodig omdat hy nie sy weermag-hoofde kan vertrou nie.