Putin sê Russe moet meer kinders kry
President Vladimir Putin het Russiese gesinne versoek om minstens twee kinders te hê ter wille van die volk se etniese oorlewing, maar drie of meer sodat hulle kan ontwikkel en floreer. Rusland het swaar verliese gely sedert sy inval in Oekraïne bykans twee jaar gelede. Honderde duisende mense het as gevolg daarvan land-uit gevlug uit teenkanting teen die konflik of uit vrees om opgeroep te word. Die land se bevolking het die afgelope twee dekades geleidelik afgeneem ná die ineenstorting van die Sowjet-Unie, terwyl die probleem deur groot uitdagings soos alkoholisme vererger is.