Putin sê Rusland is gereed vir kernoorlog

President Vladimir Putin het vanoggend die Weste gewaarsku Rusland is tegnies gereed vir kernoorlog en dat sou die VSA troepe na die Oekraïne stuur, dit as ‘n aansienlike eskalasie van die konflik beskou sal word. Putin, wat net dae voor ‘n verkiesing van 15 tot 17 Maart gepraat het, het bygevoeg dat ‘n kernoorlog nie noodwendig op pad is nie en hy het geen behoefte aan die gebruik van kernwapens in die Oekraïne nie. Volgens Putin verstaan die VSA dat indien hy Amerikaanse troepe op Russiese grondgebied, of na die Oekraïne ontplooi, Rusland die stap as ‘n aanval sal hanteer.