Putin se hommeltuigaanvalle het misluk
Oekraïnse magte het daarin geslaag om 35 hommeltuigaanvalle in Kiëf af te weer. Die tuie, wat in Iran vervaardig is, is deur Russiese magte op 8 Mei, Europa se Tweede Wêreldoorlog se oorwinningsdag, afgevuur, ‘n dag voor Rusland en die Oekraïne die oorwinning vandag herdenk. Die voormalige adviseur vir die Amerikaanse weermag, Mark Voyger sê die tydsberekening was aspris maar, Rusland het gefaal.