Putin red SA uit regsdilemmaJuly 20, 2023

‘n Namibiese politieke kenner sê Suid-Afrika is uit ‘n kritieke regsdilemma gewikkel nadat aangekondig is die Russiese President Vladimir Putin sal nie volgende maand se 15de Brics-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Daar is ‘n internasionale arrestasiebevel teen die Russiese leier uitgereik. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Putin se besluit is deur ‘n wedersydse ooreenkoms bereik. Die minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sal Rusland verteenwoordig en Putin sal die beraad virtueel bywoon. Politieke kommentator, Ndumba Kamwanyah het sy sienings met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…  

Dr. Kamwanyah het ook gesê die poging van die Afrika-leiers om ‘n vredesooreenkoms tussen Rusland en die Oekraïne te bemiddel, het hulle dalk die Russiese vertroue gekos…