‘Putin is nie swak nie’

‘n Lid van die Russiese wetgewer en ondersteuner van President Vladimir Putin, Evgeny Popov, het met Sky News in Brittanje gesels oor die chaos met Wagner in die land oor die naweek. Popov sê Putin is nie swak nie en het alle reg om te doen soos hy wil. Hy sê ook dat die Wagner-hoof Yevgeny Prigozhin ‘n verraaier is.