Putin hou vol Oekraïne se teenaanval misluk

Die Russiese President Vladimir Putin het erken sy magte het onlangs verliese gely, maar hou vol Oekraïne het sowat 30 persent van sy weermagvoertuie wat deur die buiteland verskaf is, verloor. Dit volg nadat Oekraïne se President Volodymyr Zelensky beweer het sy magte het talle dorpies in die ooste van die land in nuwe teenaanvalle suksesvol teruggeneem. In ‘n televisie-vergadering met militêre blogskrywers het Putin gesê die lewensverlies in Oekraïne is tien keer meer as dié wat Rusland gely het in die eerste dae na die inval.