Putin gereed vir skietstilstand… of oorlog

Russiese president Vladimir Putin is gereed om die oorlog in die Oekraïne te stop met ‘n onderhandelde wapenstilstand wat die huidige slagveldlyne erken. Dit is volgens Reuters. Maar, hy is ook bereid om die oorlog voort te sit indien Kiëf en die Weste nie reageer nie. Putin het blykbaar frustrasie oor wat hy beskou as Westers-gesteunde pogings om onderhandelinge te stuit en die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky se besluit om onderhandelings te stuit.