Putin beveel dat kernwapens gebruik kan word
Die Russiese president, Vladimir Putin, het ‘n bevel uitgevaardig wat Moskou toelaat om kernwapens teen ‘n nie-kernstaat te gebruik indien dit deur kernmagte ondersteun word. Dit kom op die duisendste dag van Rusland se aanslag op Oekraïne en nadat Amerika Kiëf toestemming gegee het om langafstandmissiele te gebruik teen militêre teikens binne Rusland. Die verandering plaas die fokus op ander bondgenote wat Oekraïne van langafstandmissiele voorsien, veral Brittanje en Frankryk. Die Duitse kanselier, Olaf Scholz, het herbevestig sy land se gesofistikeerde missiele sal nie aan Oekraïne verskaf word nie.