Putco kry 300ste Mercedes-Benz-bus

Putco in Gauteng vier ʼn belangrike mylpaal met die aflewering van sy 300ste Mercedes-Benz-bus, wat sy verbintenis beklemtoon om betroubare en pendelaargerigte openbare vervoer te lewer. Die woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê hierdie prestasie weerspieël die toewyding van Putco tot passasiersveiligheid en -gerief. Mercedes-Benz is trots op die vennootskap en wag op die aflewering van die volgende 300 busse. Volgens Xulu beplan die busmaatskappy om vanjaar ʼn bykomende 200 busse in gebruik te neem, en hulle streef daarna om gehaltediens te verbeter en gereed te wees vir die veranderende behoeftes van pendelaars.